Eenjarige plant

'n Ertjie is 'n eenjarige plant.

'n Eenjarige plant is 'n plant wat sy lewensiklus vanaf ontkieming tot die produksie van saad binne een groeiseisoen voltooi en dan sterf. Die lengte van groeiseisoene en die periode waarin dit plaasvind, verskil volgens geografiese ligging en stem moontlik nie ooreen met die vier tradisionele seisoene van die jaar nie. Ten opsigte van die tradisionele seisoene word eenjarige plante geklassifiseer as onderskeidelik somer- of winterplante. Somer-eenjariges ontkiem gedurende die lente of vroeë somer en word teen die herfs van dieselfde jaar volwasse. Winter-eenjariges ontkiem gedurende die herfs en word gedurende die lente of somer van die volgende kalenderjaar volwasse.[1]

Een saad-tot-saad-lewenssiklus vir 'n eenjarige plant kan in sommige soorte plante binne 'n maand voorkom, alhoewel die meeste maande neem. Brassica rapa kan die proses binne ongeveer vyf weke voltooi onder 'n fluoresserende lamp. Hierdie metode word dikwels in klaskamers benut vir onderwys. [2]

  1. "Definitions of Botanical Terminology". Illinoiswildflowers.info. Besoek op 17 Mei 2018.
  2. Collinson, A. S. (1988). Introduction to world vegetation. London: Unwin Hyman. pp. 23. ISBN 978-0-04-581031-4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy